Bekostigbare Meenthuis te Koop in Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp.
Is jy moeg vir die lewe in die Stad? Kom bly in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Ontdek die rust en bekoring van plattelandse leefstyl in die unieke omgewing van Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp.
Hierdie knus meenthuis bied twee slaapkamers, een badkamer, 'n praktiese kombuis en 'n gesellige leefarea wat die ideale ruimte skep vir gemaklike alledaagse leefstyl.
Die eiendom is perfek vir 'n paartjie, 'n klein gesin of iemand wat op soek is na 'n rustige aftreeplekkie in 'n veilige en gevestigde gemeenskap.
Kleinfontein bied 'n besondere leefstyl waar rustigheid, natuur en gemeenskapslewe hand aan hand gaan. Die kultuurdorp beskik ook oor 'n wildspark waar inwoners die voorreg het om wild in hul natuurlike omgewing te geniet.
As jy op soek is na 'n eenvoudiger, rustiger leefstyl in 'n unieke omgewing, is hierdie meenthuis beslis die moeite werd om te besigtig!
“'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.” Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie. Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind. Kom kuier gerus vir ons in Kleinfontein!
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – maak vandag nog 'n afspraak vir 'n besigtiging!